Musiek

Kliek Hier om na Corné te luister  
 

Oppad met Corné

 

‘n Boerseun van Ermelo-omgewing het in sy derde jaar van landboustudies die mielieland heeltemal misgeloop en oor ‘n kitaar geval. Nadat hy homself afgestof het, bevind hy hom in die ligtemusiekkursus van TUT. Toe hy hom kon kry, begelei hy almal wat belangrik en nie belangrik is nie. Ontmoet Corné:

Hy het voor duisende gespeel saam met PJ Powers in Uganda, trane in sy oë gehad saam met Nataniël in die Royal Albert Hall en heelparty ander onvergeetlike oomblikke gedeel met o.a. Coenie de Villiers, Amanda Strydom, Rocco de Villiers, Elzabé Zietsman, André Schwartz, Robbie Wessels en vele ander. Een van sy hoogtepunte was om op te tree as musikale regisseur van Stef Bos se Suid-Afrikaanse DVD opname.

Met die gevallery het hy begin mompel, toe saggies begin neurie en so ‘n eerste komposisie die lig laat sien. Met verloop van tyd het dit ontwikkel en hy spog reeds met verskeie komposisies op radio en televisie vir ander kunstenaars. Hy was verantwoordelik vir die tema- en bindingsmusiek vir die Rooi Rose Supermodel 2005 Realiteitsreeks op SABC2.

Na ‘n meer onlangse onderonsie met nog ‘n mielieland, het hy besluit om sy reis tot hier te deel. So het die CD ‘Oppad' ontkiem. Hy gee sy opinies oor ons land en mense, maak sy hart oop sodat ‘n mens iets kan sien van sy liefde vir sy gesin en vriende, en laat ook toe dat jy agterkom hy het nog nie al die antwoorde gekry nie. Die musiek behoort elke Afrikaner se hart en voete te roer. Dit gaan lê gemaklik op jou oor en die lirieke sleep jou dalk pad-af in ‘n rigting wat jy nog nie was nie.

Kom stap gerus 'n stukkie saam...

 
     
   
 
Titel
Grootte
Laai Af
Hou jou hande van my goed af 468 KB
Kliek Hier om Corne te luister
Jeh-hy 468 KB
Kliek Hier om Corne te luister
Leeu Gamka 468 KB
Kliek Hier om Corne te luister
Loop jy rond 467 KB
Kliek Hier om Corne te luister
Adlai 468 KB
Kliek Hier om Corne te luister
Ons twee 468 KB
Kliek Hier om Corne te luister
Rooi harte 467 KB
Kliek Hier om Corne te luister
Sy 468 KB
Kliek Hier om Corne te luister
Voorbladmeisie 468 KB
Kliek Hier om Corne te luister
Wys my 468 KB
Kliek Hier om Corne te luister
Wie's die baas 468 KB
Kliek Hier om Corne te luister
Ek wens 468 KB
Kliek Hier om Corne te luister
 
     
  Alle regte voorbehou PC 2007