Meer oor Corné
Welkom aan almal wat hier aankom. Loer asseblief so bietjie rond en laat weet wat julle dink. Ek het ’n paar gedigte en lirieke op en ook terugvoer oor sommige optredes. Ek probeer om so elke nou-en-dan ietsie by te sit.
Optrede gewys is ek op die stadium besig met Kos en Konsert, my en Heidi Bouwer se idee van oorspronklike Afrikaanse musiek en feestelike kos uit die hemel, asook alles wat ek in die hande kan kry verder. As jy iets sien of hoor op my webwerf waarvan jy hou, boek tog ‘n konsertjie vir jou dorp / skool / fees / kerk / wat-ook-al. Ek gaan probeer om by die meeste van die Afrikaanse kunstefeeste uit te kom, so hopelik sien ek julle daar. Gaan kyk asb op my webwerf se kalender waar en wanneer ek optredes het.
Ek en Heidi Bouwer het toe begin met met Kos en Konsert. Dit is ‘n heerlike mengelmoes van ons musiek en wonderlike kos wat jy in geen restaurant gaan kry nie. Dit sal elke maand in Centurion plaasvind as alles goed gaan. Die eerste paar was heerlik en reuse suksesse. Dis iets buitengewoon wat jy nie mag misloop nie. Intussen het die gedoente skoon ‘n lewe van sy eie gekry, so gaan loer gerus in by www.kos-en-konseret.co.za. As jy belangstel in fantastiese kos en fantastiese Afrikaanse musiek, stuur vir my ‘n boodskap dan sit ek jou op die databasis vir ‘n gereelde nuusbrief.
Hoop om julle iewers by ‘n optrede te sien. Kom stel gerus jouself voor. Hou die blink kant bo en loer gerus weer in.