Oppad met Corné
Is die lewe nie ‘n interessante reis nie? ‘n Mens begin dit net meer waardeer soos wat jy ouer word en meer stil kan staan om die pad te bekyk na waar jou spore vandaan kom, maar ook waarheen jy dink hulle jou vat.
Een so ‘n reis is dié van liedjieskrywer en sanger, Corné, wat na jare se skrywery vir ander mense, begeleiding van ander mense en produksies vir ander mense besluit het om nou sy eie paadjie oop te kap. ‘Oppad' is die CD waarmee hy sy reis tot hier met sy gehoor wil deel. Hy gee sy opinies oor ons land en mense, maak sy hart oop sodat ‘n mens iets kan sien van sy liefde vir sy gesin en vriende, en laat ook toe dat jy agterkom hy het nog nie al die antwoorde gekry nie. Die musiek behoort elke Afrikaner se hart en voete te roer. Dit gaan lê gemaklik op jou oor en die lirieke sleep jou dalk pad-af in ‘n rigting wat jy nog nie was nie.
Kom stap gerus ‘n stukkie saam… |